On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Hartseer na ses kinders in Pietermaritzburg in ongeluk sterf

───   08:10 Thu, 29 Jan 2015

Hartseer na ses kinders in Pietermaritzburg in ongeluk sterf | News Article

Pietermaritzburg - LUR vir gemeenskapsveiligheid in KwaZulu-Natal, Willies Mchunu het gesê hy is hartseer oor die dood van ten minste ses kinders in die provinsie wat gesterf het toe 'n bakkie op die Edendale pad in Pietermaritzburg in 'n huis vasgery het.

Mchunu sê in 'n verklaring die ongeluk het gebeur ten spyte van herhaaldelike oproepe aan alle rolspelers om verantwoordelikheid vir padveiligheid te aanvaar en om nie mense agter op bakkies te vervoer nie. Ses kinders is in die ongeluk dood, sewe is ernstig beseer en nege kinders het geringe beserings opgedoen. Die blyk dat die bestuurder van die bakkie beheer oor die voertuig verloor het en in 'n huis vasgery het. Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.