On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

Vervolgingsgesag: Nog geen besluit oor Carl Pistorius nie

───   09:18 Thu, 29 Jan 2015

Vervolgingsgesag: Nog geen besluit oor Carl Pistorius nie | News Article

Johannesburg - Die Nasionale Vervolgingsgesag het nog nie besluit of hulle Carl Pistorius, die broer van paralimpiese atleet Oscar Pistorius, van roekelose en nalatige bestuur gaan aankla nie.

Dit volg na 'n ongeluk buite Modimolle in Augustus laas jaar waartydens Pistorius se motor reg van voor in 'n ander motor vasgery het. Pistorius moes uit sy voertuig bevry word en hy en die ander bestuurder het ernstige beserings opgedoen. NVG-woordvoerder Velekhaya Mgobhozi sê 'n dagvaardiging is voorberei, maar is eers terughou vir verdere ondersoeke. Limpopo-polisie het Pistorius intussen van roekelose en nalatige bestuur aangekla. Sy saak sal in Februarie in die Modimolle Landdroshof voorkom. Pistorius is in Mei verlede jaar vrygespreek op 'n aanklag van strafbare mansslag na 'n ongeluk in 2008 waartydens 'n motorfietsryer omgekom het. Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.