On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

Valke neem ondersoek na Bedford-sentrum skietery oor

───   09:35 Fri, 30 Jan 2015

Valke neem ondersoek na Bedford-sentrum skietery oor | News Article

Johannesburg - Die Valke het die ondersoek na die Bedford-sentrum roof- en skietvoorval gister oorgeneem.

Gauteng-polisiewoordvoerder Katlego Mogale het ook gesê koerantberigte vanoggend, dat die meesterbrein agter die skietery in hegtenis geneem is, is nie waar nie. Sy sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Twee van die verdagtes is egter onder polisiebewaking in die hospitaal. Sewe mense, waaronder drie klante, twee veiligheidswagte en twee rowers, is gister in die skietery by die Bedford-winkelsentrum in Bedfordview, oos van Johannesburg, beseer. Dit blyk dat skietery op 'n transito-rooftog gevolg het toe die rowers en die geldwagte op mekaar begin skiet het. Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.