On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Bloemfonteiners kan nog die Mangaung toerisme-ekspo bywoon

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:21 Fri, 30 Jan 2015

Bloemfonteiners kan nog die Mangaung toerisme-ekspo bywoon | News Article

Bloemfontein - Daar is nog tyd om die Mangaung-metro in samewerking met die Mangaung toerisme produkverskaffer-inisiatief se eerste ekspo, wat hom toespits op toerisme en die gasvryheidsbedryf, in Bloemfontein by te woon.

Toerismebestuurder by die metro, Angus Peterson, sê die ekspo met 14 plaaslike uitstallers in die bedryf het gister by die Bloem Plaza begin en duur tot vanmiddag 17:00. Hy sê die uitstalling wil aan verskeie betrokkenes uit voorheen benadeelde gemeenskappe in die bedryf ‘n geleentheid gee om hul produkte gesamentlik aan die publiek bekend te stel.

Peterson sê dit is belangrik dat die bedryf meer toeganklik is vir gemeenskappe oor die provinsie heen. Verskeie gastehuise is onder die uitstallers. Hy moedig die publiek aan om die uitstalling te ondersteun.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.