On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

National

Matriekuitslae nie ‘vermis’ nie

───   08:14 Sat, 31 Jan 2015

Matriekuitslae nie ‘vermis’ nie | News Article

Johannesburg - Die departement van onderwys het Vrydag gesê daar steek geen waarheid in berigte dat sy webtuiste deur kuberkrakers aangeval is nie.

“Hierdie bewerings is vals en misleidend,” het Terence Khala, woordvoerder van die departement, gesê.
 
The Times het Vrydag 'n berig geplaas met die opskrif: Matriekuitslae ‘vermis’. Volgens die berig is die departement se webtuiste gekaap en het inligting oor beleid, tenders, navorsingsdokumente, persoonlike inligting en matriekuitslae verlore geraak.
 
Volgens Khala het die departement geen data verloor nie en is alle inligting gestoor. “'n Bediener het 'n week gelede by Sita in Centurion in duie gestort. Die webtuiste is nie deur kuberkrakers aangeval nie.”
 
Khala het gesê dit is hoogs onwaarskynlik dat 'n regeringsdepartement al sy inligting op 'n webtuiste sal stoor. “Die departement is nie in 'n warboel nie en dit is jammer dat daar sensasie gesoek word.”
 
Khala het 'n beroep gedoen op gebruikers om geduldig te wees terwyl al die inligting weer op die webtuiste gelaai word.
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.