Local News
Twee verkool in Vereeniging-botsing─── 10:24 Sun, 01 Feb 2015
Vereeniging - Twee mense is Sondag dood nadat hulle motor in 'n stormwaterdrein beland het in Vereeniging.
Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het omstreeks 03:00 Sondagoggend plaasgevind. “Die bestuurder van die motor het glo beheer verloor waarna die motor in 'n stormwaterdrein beland het.”
Volgens Rossouw was die bestuurder en 'n passasier in die motor vasgekeer waarna die motor aan die brand geslaan het. “Met paramedici se aankoms op die toneel het die motor reeds uitgebrand.”
Verklaring