On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

National

Uitlander by Doornkop aan die brand gesteek

───   07:51 Fri, 27 Feb 2015

Uitlander by Doornkop aan die brand gesteek | News Article

Soweto - 'n Uitlandse winkelier is ernstig beseer toe hy Donderdag in Doornkop in Soweto aan die brand gesteek is.

“Paraffien is oor die man uitgegooi voordat hy aan die brand gesteek is,” het Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê.
 
“Polisiebeamptes het na die toneel gehaas om hom te red. Hy is baie ernstig beseer en is na 'n hospitaal geneem.”
 
'n Groep mense wat glo in Doornkop aan uitlanders sê dat hulle die plek moet verlaat, is na bewering verantwoordelik vir die aanval.
 
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
 
Die polisie het in 'n afsonderlike voorval vier uitlanders in hegtenis geneem toe 'n groep van die plaaslike inwoners hul winkel begin plunder het. “Een van die uitlanders het 'n skoot in die lug gevuur,” het Makhubela gesê. “Die polisie het die vuurwapen gekonfiskeer.” Nie een van die plaaslike inwoners is in hegtenis geneem nie.
 
Verskeie uitlanders se winkels word in Gauteng geplunder nadat die 14-jarige Siphiwe Mahori op 19 Januarie doodgeskiet is.
 
Hy was glo deel van 'n groep wat 'n Somaliër se winkel in Snake Park in Soweto wou beroof. Die onrus het van Soweto na Kagiso aan die Wes-Rand uitgebrei, Sebokeng in die Vaal, Edenpark in Ekurhuleni en Alexandra in Johannesburg.
 
Verskeie mense is dood, insluitend 'n baba wat tydens 'n stormloop gesterf het.
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.