On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

National

AfriForum dien diskriminasie-klag teen regering by VN in

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:26 Tue, 03 Mar 2015

AfriForum dien diskriminasie-klag teen regering by VN in | News Article

Pretoria - ‘n Klag van diskriminasie is deur die burgerregte-organisasie AfriForum teen die Suid-Afrikaanse regering by ‘n VN-verteenwoordiger, wat in beheer is van die situasie van menseregteverdedigers, ingedien.

Dit kom nadat die regering glo onregmatig opgetree het en verhoed het dat AfriForum aan bedrywighede van die VN deelneem.
 
AfriForum se Ernst Roets sê ‘n hoofdirekteur by die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking het in Februarie aan ‘n SA-verteenwoordiger by die VN se hoofkantoor in New York opdrag gegee om seker te maak die burgerregte-organisasie se aansoek om by die VN se afdeling vir nie-regeringsorganisasies te registreer, misluk.
 
Roets sê dit het op dieselfde dag plaasgevind as wat hy AfriForum se aansoek aan ‘n paneel in ‘n VN-sessie voorgelê het.

AfriForum se aansoek is tot ‘n volgende sessie uitgestel. Roets sê die volgende sessie is in Mei en dan weer volgende jaar.
 
Hy sê in die gesprek het die hoofdirekteur na AfriForum as arrogant verwys omdat die groep volgens hom onder meer VN-forums gebruik om bewusmaking oor plaasmoorde te skep.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus



Podcasts

Ernst Roets:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.