On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

National

Aurora-uitspraak reuse-oorwinning: Solidariteit

───   16:38 Tue, 03 Mar 2015

Aurora-uitspraak reuse-oorwinning: Solidariteit | News Article

Pretoria - Die hooggeregshof se verwerping van Khulubuse Zuma se dringende aansoek rakende die uitstel van regstappe teen die direkteure en bestuurders van Aurora Empowerment Systems, is volgens Solidariteit 'n reuse-oorwinning vir die sowat 5 300 voormalige Pamodzi-werknemers.

Gideon du Plessis sê vandag se uitspraak is 'n oorwinning vir geregtigheid aangesien daar vir die eerste keer hoop is dat die regsgeding enduit gevoer sal word.
 
Die uitspraak bring mee dat die Pamodzi-likwidateurs hul hofgeding teen die Aurora-direkteure op 23 Maart kan voortsit. Daarby het die hof gelas dat Zuma die koste van vandag se hofverrigtinge moet dra.
 
Die Pamodzi-likwidateurs wil deur middel van die hofgeding toesien dat die Aurora-direkteure aanspreeklik gehou word vir die vermorsing van Pamodzi-bates ter waarde van R1,6 miljard, asook die opbrengste wat uit die verkoop van goud, gereedskap, skrootmetaal en ander bates verkry is.
 
Verklaring verskaf  

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.