On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

Vermeende dwelmsmokkelaar dood na polisie hom jaag

───   07:53 Thu, 05 Mar 2015

Vermeende dwelmsmokkelaar dood na polisie hom jaag | News Article

Johannesburg - 'n Vermeende dwelmsmokkelaar het gisteraand in die Northgate-winkelsentrum in Johannesburg dood neergeslaan toe hy deur polisie gejaag is.

Polisiewoordvoerder Wayne Minnaar sê metropolisie het omstreeks 8-uur gisteraand 'n motor naby Northgate-winkelsentrum gestop. Minaar sê dwelmmiddels is na bewering in die motor gevind. Die man het uit die motor gespring en die winkelsentrum binne gehardloop. Die polisie het hom agterna gesit, maar die man het kort daarna ineengestort. Daar word vermoed dat hy die dwelms ingesluk het. Die saak word ondersoek. Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.