On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

National

Aarduur vandag wêreldwyd gevier

───   09:23 Sat, 28 Mar 2015

Johannesburg - Vanaand word aarduur, oftewel Earth Hour, wêreldwyd gevier. Die Wêreld Natuur Fonds Suid-Afrika het aard-uur as 'n simboliese gebaar teenoor die natuur beskryf.

Honderde miljoene mense wêreldwyd gaan gedurende Aarduur, vanaf half-nege tot half-tien, hulle ligte afskakel om te wys hulle wil bydra om die aarde te beskerm.
 
Suid-Afrikaners word gevra om soveel moontlik krag te bespaar.
 
Aarduur het in 2007 in Sydney, Australië, begin toe 2,2 miljoen huishoudings hulle ligte 'n uur lank afgeskakel het om standpunt teen klimaatsverandering in te neem.
 
Vandag vind Aarduur wêreldwyd plaas om mense aan te moedig om hulleself te verbind tot 'n volhoubare wêreld wat bevolkings in staat sal stel om genoeg skoon water, plante en diere te hê om die aarde mee te deel.
 
Sapa

More from National

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.