On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Nog 'n polisielid raakgeskiet

───   14:04 Mon, 30 Mar 2015

Nog 'n polisielid raakgeskiet | News Article

Kempton Park - 'n Polisiebeampte is vroeg Maandagoggend in Kempton Park geskiet en gewond nadat polisiebeamptes ‘n verdagte vragmotor van die pad af getrek het.

Kol. Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het die vragmotor in Albertosstraat naby die begraafplaas opgemerk.

Die beamptes het die bestuurder versoek om uit die vragmotor te klim en die agterkant van die vragmotor oop te sluit, nadat hulle gesien het die voorste en agterste nommerplate verskil en dat die vragmotor nie ‘n lisensieskyfie het nie.

Die bestuurder het aan die beamptes gesê dat hy nie die sleutel het om agter oop te sluit nie en dat hy 'n oproep moet maak.

‘n Onbekende man in ‘n grys bakkie het kort hierna op die toneel opegedaag en die polisiebeamptes probeer oortuig om die agterkant oop te sluit. Die man het hierna van die toneel weggery waarna die vragmotorbestuurder die agterkant oopgesluit het en ses verdagtes, wat met AK47’s en pistole gewapen was, uitgespring en op die polisiebeamptes losgebrand het.

Een polisiebeampte is geskiet en gewond. Hy is na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas vir behandeling. Die verdagtes het intussen in die polisievangwa gespring en tot by Pomonarylaan gejaag waar hulle 'n Honda Ballade gekaap en daarmee weggejaag het.

Die polisievangwa is op die toneel gelos en 'n magasyn van ‘n AK47 is in die vangwag gevind.

Die polisiebeampte is in 'n stabiele toestand in die hospitaal. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie en die ondersoek gaan voort.

Maroela Media

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.