On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

Transnet-bejaardes eis met optog

───   DANE BEISHEIM 17:49 Mon, 30 Mar 2015

Transnet-bejaardes eis met optog | News Article

Pretoria - 'n Groep van sowat 250 Transnet-pensioentrekkers het 'n memorandum met griewe aan die kantoor van President Jacob Zuma oorhandig, na 'n optog na die Uniegebou.

Die pensioentrekkers beskuldig die raad van Transnet daarvan dat hulle die pensioenfonds se bates gestroop het.
Hulle beweer dat die fonds wanbestuur is tot so 'n mate dat verpligtinge aan lede nie nagekom kan word nie.
 
Die VF Plus se Anton Alberts, wat op aandrang van die pensioentrekkers die optog help organiseer het, sê die eis van bykans R80 miljard, die grootste siviele eis in Suid-Afrika se regsgeskiedenis, is nou die onderwerp van 'n hofgeding.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus



Podcasts

Anton Alberts:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.