On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

National

Twee in hegtenis nadat hulle SAUK besteel wat berig oor geweld

───   10:51 Sat, 18 Apr 2015

Twee in hegtenis nadat hulle SAUK besteel wat berig oor geweld | News Article

Durban - Twee mans is in Durban in hegtenis geneem nadat hulle glo by ’n voertuig van joernaliste van die SAUK ingebreek het terwyl die mediaspan besig was om die onluste in Durban te dek.

Die span was saam met die polisie in die Point-omgewing besig om oor die xenofobiese geweld te berig toe die diefstal plaasgevind het.
 
Die verdagtes het ’n sak met drie selfone, ’n beursie en geheuestokkies gesteel.
 
Die polisie was nog in die omgewing toe hulle van die diefstal in kennis gestel is en hulle het dadelik na die verdagtes begin soek.
 
Die metropolisie het hulle in die ondersoek bygestaan.
 
Die mans, 21 en 23 jaar oud, word aangekla van diefstal uit ’ voertuig en moet na verwagting Maandag in die Durban-landdroshof verskyn.
 
-news24.com /Maroela Media

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.