On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

Koning ontken aanhitsing van vreemdelingehaat

───   08:14 Sun, 19 Apr 2015

Koning ontken aanhitsing van vreemdelingehaat | News Article

Jozini & Bloemfontein - Zulu Koning Goodwill Zwelithini het ontken dat hy 'n oproep gemaak vir enige persoon om 'n ander aan te val.

Die SAUK berig hy het gepraat by die installering van Inkosi Bhekithemba Myeni by Jozini, KwaZulu-Natal, gister.
 
Verskeie mense blameer Zwelithini vir die onlangse xenofobiese aanvalle ná sy omstrede uitlatings in Pongola drie weke gelede.
 
Kort daarna het geweld in die provinsie opgevlam waarin minstens ses mense dood en honderde ontwortel is.
 
Die koning sê egter hy is verkeerd aangehaal en sy woorde verkeerd verstaan.
 
Hy sê hy't mense bemoedig om armoede te beveg en die grond met ywer te bewerk om voedsel te produseer.
 
Intussen het DA leier Helen Zille gesê Zwelithini het baie om voor te antwoord. Sy't gepraat by die party se Vrystaat-kongres buite Bloemfontein gister.
President Jacob Zuma het buitelanders in vlugtelingskampe die versekering gegee dat alles moontlik gedoen sal word om hulle veiligheid te verseker.
 
Hy het gister van die kampe in Chatsworth by Durban besoek.
 
Zuma is met gemengde reaksie begroet.
 
Hy het aan die vlugtelinge gesê soldate van die weermag sal ingeroep word indien die aanvalle toeneem, al is daar reeds 'n groot polisie-teenwoordigheid in die gebied.
 
Zuma het gesê buitelanders wat na hulle lande van herkoms wil terugkeer, sal bygestaan word.
 
Intussen het Zuma sy staatsbesoek aan Indonesië afgestel om aan die xenofobiese krisis op tuisbodem aandag te gee.
 
SABC/OFM News

Podcasts

DA leier Helen Zille sê Zwelithini het baie om voor te antwoord. :

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.