On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

National

EFF-lid glo deur polisie geskiet

───   07:20 Tue, 21 Apr 2015

EFF-lid glo deur polisie geskiet | News Article

Johannesburg - 'n Lid van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is Maandag in die been geskiet tydens 'n optog in Alexandra, noord van Johannesburg.

Die lid was glo deel van 'n optog deur die party in protes teen die xenofobiese geweld in die gebied wat oor die naweek 'n Mosambieker, Emmanuel Sithole, se lewe geëis het.
 
EFF-lede, geklee in partydrag en rooi barette, het glo op en af in die straat gestap terwyl hulle anti-xenofobiese boodskappe geskree en plakkate opgehou het. Een van die lede is na bewering deur die polisie geskiet, maar dit is nie duidelik wat tot die skietery gelei het nie.
 
“Jy probeer 'n optog van hier af na die vrouekoshuis daar oorkant hou en die polisie wil jou net doodmaak. Ons vegter is geskiet terwyl hy saam met ander 'n belangrike boodskap probeer uitstuur het,” het EFF-leier, Julius Malema, aan
ondersteuners gesê. Hy het ook gesê dat die party mense loof wat vir menseregte veg.
 
Sithole (35), 'n straatverkoper, is die naweek in 'n straat in Alexandra aangeval en met 'n mes doodgesteek.
ANA

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.