On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

National

Ton Vosloo tree uit as nie-uitvoerende voorsitter van Naspers

───   09:22 Tue, 21 Apr 2015

Ton Vosloo tree uit as nie-uitvoerende voorsitter van Naspers | News Article

Johannesburg - Ton Vosloo het uitgetree as nie-uitvoerende voorsitter van Naspers.

Vosloo, wat al sedert 1956 by die maatskappy betrokke is, sal deur Koos Bekker vervang word. Vosloo het 23 jaar as voorsitter gewerk.
 
“Naspers en sy vennote is in baie goeie vorm. As ouskool-joernalis het ek geleer om byvoeglike naamwoorde te vermy. So, dit is voldoende om te sê – wat ‘n wonderlike groep maatskappye, gelei deur ‘n wyse raad plus topklas bestuur, en wat versterk word deur duisende van die heel beste kollegas wat mense kan hoop om mee verbind te word,” het Vosloo gesê.
 
Naspers se aandeleprys het onlangs deur die R2 000-vlak op die aandelebeurs gebreek.
-News24.com

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.