On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Kaping: Ma voor kinders doodgeskiet

───   09:35 Tue, 21 Apr 2015

Kaping: Ma voor kinders doodgeskiet | News Article

Johannesburg - 'n 33-jarige ma van Johannesburg is Maandag voor haar kinders doodgeskiet tydens 'n kaping buite haar dogter se skool.

Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou en haar sewejarige seun was in die motor toe hulle haar 12-jarige dogter by 'n skool in Soweto gaan oplaai het. “Die dogter het in die motor geklim en toe hulle in die straat ingedraai het, is hulle deur twee mans met vuurwapens voorgekeer.”
 
Die ma is geskiet en saam met haar kinders uit die motor gegooi. Sy is op die toneel dood. Volgens Makhubela is die kinders nie beseer nie.
 
Die polisie het die vrou se Toyota Corolla ure later verlate in Dobsonville gevind.
 
Aanklagte van moord en gewapende roof word ondersoek.
 
-News24.com

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.