On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Human Interest

Gehoorsame padgebruikers met gratis motor beloon

───   14:21 Tue, 21 Apr 2015

Gehoorsame padgebruikers met gratis motor beloon | News Article

Doebai - Twee Doebaise motoriste het elkeen 'n splinternuwe motor losgeslaan omdat hulle vir 'n jaar lank alle padreëls gehoorsaam het.

Die gelukkie vorm deel van die Emirate se sg. Witpunte-skema, wat poog om goeie padgebruik aan te moedig.
 
Gulf News berig motoriste wat 'n jaar lank geen padreëls oortree nie se name word in 'n hoed gegooi en twee van hulle stap weg met 'n gratis motor. Die inisiatief moet help om padsterftes teen 2020 tot by nul af te bring.
 
Die skema, wat in 2012 begin is, beloon jaarliks 1 500 bestuurders met onder meer geld, geskenkbewyse en hotelverblyf.
 
In Nieu-Seeland geld 'n soortgelyke skema, maar daar word die wenners nie so mildelik beloon nie - hulle kry slegs supermarkkoopbewyse vir hul goeie padgedrag.
BBC News



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.