On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

National

EFF verbied om aan te hits

───   16:35 Tue, 21 Apr 2015

EFF verbied om aan te hits | News Article

Pretoria - Solidariteit het 'n dringende interdik bekom wat die Ekonomiese Vryheidsvegters en sy leierskap verbied om sy lede en die publiek verder aan te hits om enige standbeelde in die land te beskadig of te verwyder.

Die vakbond se Johan Kruger sê die hofbevel verbied spesifiek die EFF-leier, Julius Malema, die party se nasionale woordvoerder, Mbuyiseni Ndlozi, en die party se adjunkvoorsitter van Tshwane, Moafrika Mabongwana, om voorts enige van die party se lede en ondersteuners aan te hits om enige nasionale monument of standbeeld in Suid-Afrika te ontsier, beskadig of te verwyder.

Die interdik sluit spesifiek monumente en standbeelde in wat die Afrikaner-geskiedenis en -kultuur verteenwoordig.
 
Edwin Ntshidi/OFM-nuus 

Podcasts

Johan Kruger:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.