On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Zuma was deur geheime donateurs gefinansier: Malema

───   08:13 Mon, 27 Apr 2015

Zuma was deur geheime donateurs gefinansier: Malema | News Article

Johannesburg - Julius Malema, partyleier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het in 'n beëdigde verklaring gesê hy het eerstehandse kennis van donateurs wat pres. Jacob Zuma deur duistere trustfondse gefinansier het.

Sunday Times het berig dat Malema hierdie bewering verlede week in 'n 83 bladsy-lange verklaring gemaak het. Die verklaring is in die hooggeregshof in Pretoria ingedien in die voortslepende regsgeding tussen Malema en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Sars).
 
Volgens Malema het hy persoonlik geld vir Zuma by ANC-saamtrekke ingesamel van “ongeïdentifiseerde donateurs” voordat Zuma in 2009 president geword het. Hy het gesê dat daar geen verskil was tussen sy Ratang-familietrust, wat vir sy leefstyl betaal het, en Zuma se familietrusts nie.
 
“Formele trust-strukture is opgerig waarin donasies gemaak is – sommige groot, sommige klein – ter voordeel van die leiers. Ek het eerstehandse kennis hiervan; ek het donasies aan pres. Zuma hanteer,” het Malema gesê. “Ek is op dieselfde manier onderhou. Soms is geld net in my bankrekening inbetaal deur onbekende donateurs; soms het bekende ondersteuners my uitgawes betaal of geld, klere en ander lewensbenodighede en luukshede as geskenke gegee.”
 
Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, het ontken dat die president enige “geheime donasies” ontvang het. “Die president het voortdurend alle inkomste ontvang in sy belastingopgawe aan Sars verklaar,” het Maharaj gesê.
 
Sars het aansoek gedoen dat 'n bevel van finale sekwestrasie teen Malema gebring word nadat 'n skikkingsooreenkoms rakende sy uitstaande belastingrekening ineengestort het. Die saak sal in Junie in die hof aangehoor word.
 
ANA

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.