On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Polisie ontken aandadigheid aan moordverdagte se beserings

───   14:51 Tue, 05 May 2015

Polisie ontken aandadigheid aan moordverdagte se beserings | News Article

Port Elizabeth - Die Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, Marinda Mills, sê die ondersoekbeamptes in die Jayde Panayiotou-moordsaak, ontken dat hulle enige oortredings begaan het met die inhegtenisneming van die derde verdagte in die saak.

Die 30-jarige Sizwesakhe Vumazonke is Sondag in New Brighton in hegtenis geneem.
 
Tydens 'n vlugtige hofverskyning vanoggend was sy gesig gekneus en geswel en toe Landdros Jan van der Westhuizen hom daaroor uitvra, het Vumazonke gesê hy is deur die polisie aangerand.
 
Mills sê die polisie is bewus van sy aantygings.
 
Mills sê ondersoekbeamptes ontken enige aandadigheid aan Vumazonke se beserings.
Algoa FM


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.