Local News
Ngaka Modiri Molema kry administrateur─── DANE BEISHEIM 17:07 Fri, 22 May 2015
Mahikeng - Die Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit in Noordwes se uitvoerende funksies sal voortaan deur 'n administrateur uitgevoer word.
Ngaka Modiri Molema is die jongste munisipaliteit wat weens wanbestuur en korrupsie in terme van artikel 139 van die Grondwet onder administrasie geplaas is.
Ander sluit die Tswaing, Ventersdorp, Ditsobotla, Madibeng, Matlosana en Maquassi Hills in.
Die waarnemende munisipale bestuurder, Nono Dince, sal die proses fasiliteer om 'n munisipale bestuurder, sowel as ’n span kundiges in tegniese-, finansiële-, en korporatiewe dienste aan te stel.
Dane Beisheim/OFM-nuus