On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

Veiligheidsopgraderings by Nkandla beloop glo R50 miljoen

───   14:57 Tue, 30 Jun 2015

Veiligheidsopgraderings by Nkandla beloop glo R50 miljoen | News Article

Pretoria - Die minister van polisie, Nathi Nhleko sê die kostes van werklike veiligheidsopgraderings by President Jacob Zuma se Nkandla-woning, beloop sowat R50 miljoen.

Nhleko het die media vanoggend toegespreek oor sy verslag oor die besteding van R246 miljoen aan veiligheidsopgraderings by sy private woning.
 
Hy sê sowat R135 miljoen is bestee aan 21 huise wat gebruik moet word deur die polisie om die president se veiligheid te verseker - dis egter onduidelik wie opdrag vir die konstruksie van dié wooneenhede gegee het.
 
Nhleko sê die huise het niks te make met veiligheidsopgraderings nie.

Nhleko het weer gesê dat die president en sy familie nooit vir die opgraderings gevra het nie.
Twitter, Jacaranda FM


Podcasts

Nathi Nhleko:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.