On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

VF Plus reik uit na VN oor plaasmoorde

───   DANE BEISHEIM 16:35 Wed, 01 Jul 2015

VF Plus reik uit na VN oor plaasmoorde | News Article

Brussel - Die Verenigde Nasies se menseregtekommissie moet die ANC-regering dwing om dringende stappe teen plaasmoorde te doen.

Dit is een van die versoeke wat 'n afvaardiging van die VF Plus hierdie week in twee mosies gaan rig aan die Unrepresented Nations and Peoples Organisation (UNPO) in Brussel, België.
 
Die party se Pieter Groenewald en nasionale jeugleier Wouter Wessels is tot Vrydag in Brussel waar hulle die organisasie volledig oor hierdie aangeleenthede gaan inlig.
 
Groenewald voer aan dat, wanneer dit gemeet word aan internasionale norme, plaasmoorde in Suid-Afrika met reg as volksmoord bestempel kan word.

Die VF Plus sal Vrydag 'n volledige verklaring met die inhoud van die onderskeie mosies uitreik.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus 

Podcasts

Pieter Groenewald:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.