On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Waterbeperkings: Mangaung gaan eers toetslopie doen

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:56 Tue, 07 Jul 2015

Waterbeperkings: Mangaung gaan eers toetslopie doen | News Article

Bloemfontein - Die erns van waterbeperkings in die Mangaung-metro gaan na verwagting eers aan inwoners verduidelik word waarna ‘n toetslopie uitgevoer sal word om vas te stel of inwoners gehoor gee aan die beperkingsmaatreëls.

DA-raadslid Rossouw Botes sê volgens sy inligting kan die metro genoodsaak word om 'n 20% verhoogde watertarief in werking te stel, sou inwoners nie hul samewerking gee nie.
 
Die 20% is buiten die bykans 9% verhoging wat op 1 Julie in werking gestel is volgens die metro se begroting vir die 2015/16-boekjaar.
 
Munisipale woordvoerder, Qondile Khedama, het vroeër aan OFM-nuus gesê dis nog onduidelik presies wanneer vlak 2-waterbeperkings gaan inskop nadat dit verlede Vrydag op ‘n spesiale raadsvergadering vir Bloemfontein, Botshabelo en Thaba Nchu deur die raad goedgekeur is. Inwoners sal egter deurgaans op die hoogte gehou word van verwikkelinge.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.