On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

AfriForum Jeug: Afrikaans trek aan die kortste ent by landboukolleges

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:34 Tue, 28 Jul 2015

AfriForum Jeug: Afrikaans trek aan die kortste ent by landboukolleges | News Article

Bloemfontein - Afrikaans as onderrigtaal word onderdruk deur die regering en die bestuur van twee afsonderlike landboukolleges wat transformasieteikens wil haal.

Dit is volgens AfriForum Jeug se Henk Maree, na ‘n taalherrie verlede week by die Elsenburg-landboukollege in die Wes-Kaap losgebars het. Volgens Maree het die departement van landbou, bosbou en visserye, verlede week in ‘n brief opdrag gegee dat onderrig aan dié kollege in Engels en nie meer in Afrikaans geskied, sonder om alle betrokkenis te betrek.
 
Hy sê nadat AfriForum ingegryp en in ‘n brief geëis het dat die besluit omgekeer word is daar Vrydag op ‘n vergadering besluit om Engels en Afrikaans as onderrigtale te gebruik. Hy meen die departement tree ongrondwetlik op en doen dieselfde by Elsenburg as wat hy vroeër die jaar by die Grootfontein-landboukollege in die Oos-Kaap gedoen het. ‘n Brief is ook toe uitgestuur deur die departement waarin dit gestel is dat Engels van volgende jaar af die amptelike onderrigtaal gaan wees.
 
Maree sê die departement het op ‘n vergadering daarna aangevoer hy het transformasieteikens en talle dosente aan dié kollege is nie Afrikaans magtig nie.

Maree sê hul regspan is in die proses om hul opsies te oorweeg en gaan die besluit, wat by die Grootfontein-landboukollege geneem is, teenstaan, terwyl die situasie by die Elsenberg-landboukollege fyn dopgehou word.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Henk Maree:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.