On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Local News

Ontslape NK-speaker se man verskyn weens haar moord

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:27 Thu, 30 Jul 2015

Ontslape NK-speaker se man verskyn weens haar moord | News Article

Kathu - Die man van die ontslape speaker van die Mgcawu-distriksmunisipaliteit, Nokhaya Mjila, verskyn na verwagting vandag in die Kathu-landdroshof weens die beweerde moord op Mjila, haar twee niggies en haar nege maande oue kleindogter.

Thamsanqua Mjila staar vier aanklagte van moord in die gesig, asook klagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en brandstigting.
 
Noord-Kaap polisiewoordvoerder, Priscilla Naidu sê Thamsanqua het op 23 Junie sy eerste hofverskyning gemaak. Hy bly in aanhouding in die Kuruman-gevangenis.
 
Nokhaya is op 12 Junie in die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein in die ouderdom van 45 oorlede, nadat sy twee weke vroeër ernstige brandwonde opgedoen het toe haar man na bewering petrol oor haar uitgegooi en haar aan die brand gesteek het in ‘n familielid se huis op Olifantshoek. Mjila het daar aangesterk, nadat sy uit die hospitaal ontslaan is.
 
Haar twee niggies, Langa Dilodile en Masila Moyeng en haar nege maande oue kleindogter, Khanyi, wat ook in die huis was, het ook aan hul brandwonde beswyk.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.