On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

National

Motoriste juig oor verlaging in brandstofpryse

───   14:48 Fri, 31 Jul 2015

Motoriste juig oor verlaging in brandstofpryse | News Article

Johannesburg - Brandstofgebruikers het 'n kort rukkie gelede, soos algemeen verwag is, goeie nuus van die energiedepartement ontvang.

Die prys van petrol daal aanstaande Woensdag met 51 sent per liter.

Diesel word tussen 74 en 76 sent per liter goedkoper, afhangend van die graad.
 
Groothandel-paraffien kos 70 sent 'n liter minder en petroleumgas, 89 sent per kilogram.
 
Die departement sê die ruim verlagings is hoofsaaklik weens die laer oliepryse.
 
Brent ru-olie het die eerste keer in drie maande teen minder as $55 per vat verhandel.

Verklaring verskaf



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.