On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

Klagte teen Malema & kie kan weer ingestel word

───   06:57 Wed, 05 Aug 2015

Klagte teen Malema & kie kan weer ingestel word | News Article

Johannesburg - Die Nasionale vervolgingsgesag sê aanklagte van korrupsie en swendelary kan weer teen Julius Malema en sy twee medebeskuldigdes ingestel word.

Woordvoerder Luvuyo Mfaku sê die drie is nie vrygespreek nie en dit is ook nie 'n uitspraak nie, soos die regter gestipuleer het. Die moontlikheid bestaan dat die direktoraat van openbare vervolging genader kan word om die saak weer in te stel. Hy kon egter nie aandui wanneer die saak weer ingestel sal word nie.
 
Regter George Motlhe het gister gesê die saak sloer te lank en dit benadeel die beskuldigdes wat in die hof is en gereed is om voor te gaan. Hy het gelas dat die beskuldigdes se borgtoggeld ook aan hulle terugberaal word.
 
Die saak sloer al sedert 2012.
 
Die staat voer aan Malema se Ratanang-familietrust het voordeel getrek uit 'n onregmatige tender aan On Point-Engineering.
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.