On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

Onderhandelings met Guptas is dom – politieke kenner

───   DANE BEISHEIM 17:23 Fri, 28 Aug 2015

Onderhandelings met Guptas is dom – politieke kenner | News Article

Potchefstroom - Dit was dom van die regering om 'n Gupta-vliegtuig te huur, gegewe die omstredenheid van die familie en vorige bevraagtekende onderhandelings tussen hulle en die regering.

Dit is die opinie van die politieke ontleder, André Duvenhage.

Sy opmerking volg na die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, vandag tydens 'n nuuskonferensie by die Waterkloof-lugmagbasis gesê het dat daar niks verdags was rakende die verhuring van 'n vliegtuig vir die gebruik deur senior staatsamptenare nie.

'n Straler, wat besit word deur die invloedryke Gupta-familie, is ingespan om adjunkpresident Cyril Ramaphosa op 'n amptelike reis na Japan te neem.

Duvenhage meen die Gupta-familie se verbintenis met die regering is problematies.

Dane Beisheim/OFM-nuus


Podcasts

André Duvenhage:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.