On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Vyf in hegtenis nadat onverklaarde valuta gevind is

───   17:13 Mon, 31 Aug 2015

Vyf in hegtenis nadat onverklaarde valuta gevind is | News Article

Johannesburg - Vyf mense is die afgelope naweek op die OR Tambo internasionale lughawe in hegtenis geneem nadat R23 miljoen in onverklaarde valuta in hul besit gevind is.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SARS) het vandag in 'n verklaring gesê die passasiers was op 'n vlug van Suid-Afrika na Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate bespreek.

SARS-woordvoerder, Luther Lebelo, sê 'n vroeëre risiko-ontleding deur SARS-doeanebeamptes het die passasiers uitgewys. Hulle is voorgekeer toe hulle aan boord van die vliegtuig wou gaan.

Die vyf het eers probeer om doeanebeamptes te ontduik, maar die hekke is gesluit en die vyf is deur SARS-beamptes na die doeanekantoor begelei. Elf sakke, waarin die valuta gehou is, is aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank oorhandig.

- News24.com

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.