On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

National

Nooddienste spook om brand in Isando te blus

───   08:08 Tue, 01 Sep 2015

Nooddienste spook om brand in Isando te blus | News Article

Johannesburg - Nooddienste in Johannesburg het gisteraand gespook om 'n brand te blus nadat meer as 100 vraghouers in Isando, oos van Johannesburg, aan die brand geslaan het.

Party van die vraghouers het plofstowwe bevat. Sowat 50 houers is heeltemal verwoes, terwyl die res behou kon word.

Ekurhuleni-rampbestuurwoordvoerder, William Ntladi, sê die vraghouers was langs 'n spoorlyn op die perseel van die Transnet-vragvervoermaatskappy.

Hy sê nooddienste is net na 13:00 van die brand in kennis gestel. Die brand was drie ure later geblus. Niemand is sover bekend in die voorval beseer nie en die oorsaak van die brand kon nog nie vasgestel word nie.

- News24.com

 

 

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.