On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

National

Meeste ingenieurs in SA nie geregistreer

───   CATHY DLODLO 14:42 Tue, 01 Sep 2015

Meeste ingenieurs in SA nie geregistreer | News Article

Kaapstad - Die meerderheid van ingenieurs in Suid-Afrika is nie geregistreer by die Ingenieursraad van Suid-Afrika nie.

Rebaone Gaoraelwe van dié raad het aan die parlement se portefeuljekomitee oor binnelandse sake gesê slegs 38 uit elke 100 ingenieurs is geregistreer.

Hy sê 52 is nie geregistreer nie, maar ekonomies aktief, terwyl die oorblywende 10 werkloos is of buite die ingenieursveld werk.

Gaoraelwe en die departement van binnelandse sake het voorleggings aan die komitee gedoen oor die aanstelling van buitelanders met skaars vaardighede. Gaoraelwe het gesê baie ingenieurs is nie geregistreer nie, omdat dit nie verpligtend is nie.

Hy sê die raad is onder meer verantwoordelik vir die verifiëring van buitelandse ingenieurs se kwalifikasies. Sowat 3300 van dié ingenieurs is by hulle geregistreer.

Die Vrystaatse provinsiale regering het in Mei vanjaar sowat 40 Kubaanse ingenieurs teen altesaam R90 miljoen – oor drie jaar – aangestel.

Cathy Dlodlo/OFM-nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.