On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

NRP vra polisieminister om aandag aan plaasmoorde te gee

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:49 Wed, 02 Sep 2015

NRP vra polisieminister om aandag aan plaasmoorde te gee | News Article

Kaapstad - Die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) het ‘n sterk boodskap aan die minister van polisie, Nathi Nhleko, gestuur om dringend aandag aan plaasmoorde in die land te gee.

Dit kom nadat lede van die NRP gister eenparig ‘n mosie van die DA oor moorde op plase in die Vrystaat aanvaar het. DA parlementslid, George Michalakis, sê in die mosie is die raad se medelye gevra nadat ‘n bejaarde plaasbestuurder, Robert Rhadebe, die naweek op ‘n plaas by Harrismith vermoor is.

In die mosie is daar ook aangedui dat daar sedert die begin van die jaar altesaam 16 plaasmoorde in die Vrystaat was. Dit sluit Rhadebe se moord uit.

Michalakis sê van die 16 moorde was tien van die slagoffers plaaswerkers.

Volgens hom het die raad, nadat hy die mosie aanvaar het, ‘n beroep op Nhleko gedoen dat plaasmoorde as afsonderlike misdaad in die polisie se jaarlikse misdaadsyfers ingesluit moet word. Dit moet ook ‘n voorkeurmisdaad word en ‘n gespesialiseerde landelike veiligheidseenheid moet gevorm word. Michalakis sê die NRP se voorstelle aan Nhleko is ‘n stap in die regte rigting omdat die NRP verteenwoordigend is van kiesers in al nege provinsies.

Michalakis sê Nhleko sal hopelik kennis neem van die NRP se voorstelle en die erns daarvan insien.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus


Podcasts

George Michalakis:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.