On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

ANC Jeugliga-kongres begin

───   09:27 Fri, 04 Sep 2015

ANC Jeugliga-kongres begin | News Article

Johannesburg - Die ANC Jeugliga se langverwagte nasionale kongres sal vandag in Midrand begin, meer as twee jaar nadat die liggaam se leierskapstrukture ontbind is.

Nuwe leierskap sal onder meer tydens die driedaagse kongres gekies word.

Die kongres sou aanvanklik in Desember verlede jaar plaasgevind het, maar daar is op die nippertjie besluit om dit na 'n raadgewende kongres te verander. Dit is toe vir Junie vanjaar beplan, maar moes weer uitgestel word.

Die oploop na die kongres is vertroebel deur gerugte van onreëlmatige ouditprosedures en bewerings van inmenging deur senior ANC-lede. Jeugliga-voorsitter in Noordwes, Collen Maine, is deur die meeste van die provinsies as presidensiële kandidaat genomineer.

Meer as 3 000 kongresgangers word verwag. Hulle sal onder meer deur president Jacob Zuma en adjunkpresident Cyril Ramaphosa toegespreek word.

- News24.com

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.