On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

National

Wêreld se grootste vragskip meer vas in Durban

───   17:41 Fri, 02 Oct 2015

Wêreld se grootste vragskip meer vas in Durban | News Article

Durban - Die wêreld se grootste vragskip, wat eksklusief motors en vragmotors vervoer, het vanoggend om 08:00 die hawe van Durban aangedoen.

Die Hoegh Target, met 21 Chinese bemanningslede op haar eerste vaart, het die vermoë om 8 500 eenhede te verskeep. Die maatskappy se hoof van Afrika-bedrywighede, William Heppleworth, sê dit het nege maande geneem om die Target te bou.

Algemene Bestuurder van Transnet Haweterminale, Zeph Ndlovu, sê die vergroting van die Durban-hawe het reeds sewe jaar gelede begin.

Die wydte is van 120 meter tot ongeveer 220 meter vergroot en daar word voortdurend daaraan gewerk om die diepte en wydte van die ankerplek te vergroot. Ndlovu sê die vragskip se aankoms getuig van die hawe se geskiktheid.

East Coast Radio


 


Podcasts

William Heppleworth:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.