On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

Oscar se paroolaansoek van nuuts af oorweeg

───   15:14 Fri, 09 Oct 2015

Oscar se paroolaansoek van nuuts af oorweeg | News Article

Pretoria - Die Paroolraad van die Kgosi Mampuru II-gevangenis het vanoggend vergader, om van meet af die proses van Oscar Pistorius se aansoek om die res van sy vonnis onder huisarres uit te dien, te begin.

'n Woordvoerder vir korrektiewe dienste, Manelisi Wolela, sê daar is vanoggend besluit om die saak vir volgende Donderdag op die dagboek te plaas.

Die regsverteenwoordiger van Barry en June Steenkamp, Tania Koen, sê hulle is reeds gevra om voorleggings te doen en om aan te dui of hulle persoonlik voor die raad wil verskyn - soos die geval ook by die aanvanklike sitting was.

Koen sê hulle staan egter by hulle aanvanklike vertoë, aangesien niks Reeva sal terugbring nie. Hulle gaan dus nié nuwe vertoë rig of volgende week voor die raad verskyn nie.

Algoa FM

 


Podcasts

Manelisi Wolela:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.