On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

News Talk

SPU net wat Kimberley nodig het

───   14:15 Mon, 20 Apr 2015

SPU net wat Kimberley nodig het | News Article
 
 
Foto's en teks: Owen Kock
 
Hoewel daar vir ‘n geruime tyd nie baie ontwikkeling in Kimberley was nie, is die Diamantstad nou ‘n miernes van bedrywighede  te danke aan die een groot ontwikkeling van die Sol Plaatje Universiteit waaraan tans gebou word.
 
Dinge sal nooit weer dieselfde in die stad wees nie. Mense sal nog onthou hoe die stad oor die jare verander het. Die stad met die eerste straatligte se landskap het plek gemaak vir  verskeie modern geboue. Nou gaan ‘n spog universiteit gewis meer mense na Kimberley trek.
 
 
 
En dis hoog tyd, te veel van die provinsie se jongmense verlaat die provinsie en gaan werk elders. Die universiteit op eie bodem kan keer dat die Noord-Kaap sy jongmense aan ander provinsies afstaan.
 
Die universiteit is die eerste om sy deure te open in die nuwe Suid-Afrika en hy kom met geen bagasie, geen geraamtes in die kas en hy moet as’t ware nou sy eie DNS skryf. ‘n DNS waarmee niemand fout sal kan vind nie, want die universieit het nog geen geskiedenis nie, behalwe dat ‘n erge kopseer van ‘n provinsie opgelos kan word naamlik “behou jou mense”.
 
 
 
Die enigste struikelblok wat moontlik kan wees, is dat daar ‘n te kort aan geld kan wees om studente te lok. Maar, ‘n provinsie ryk aan myne behoort sekerlik nie ‘n probleem te hê om beurse aan voornemende studente te verskaf nie.
 
Die bouproses is in volle swang en die eerste fase van die universiteit is op skedule en behoort teen die begin van die 2016 akademiese jaar voltooi te wees. Daarby het die nuwe vise-kanselier, Prof. Yunus Ballim (wat op 1April amptelik in sy pos begin het), ‘n siviele ingenieurs-agtergrond en kan hy terselfdertyd sommer monitor hoe die bouwerk vorder.
Met die universiteit kom natuurlik ook die moontlikheid van werk. Nie net sal daar oor die volgende klomp jaar hard gewerk word om die universiteit gebou te kry nie, maar dit kan beteken dat werkloosheid , een van die provinsie se groot problem, ook kan verminder.
 
 
 
Daar word juis van gestremdes in die stad gebruik gemaak om te help met die konstruksie, en daaroor is Ballim verheug. Hy meen juis die universiteit sal nie net voornemende studente bevoordeel nie, maar die Kimberley gemeenskap in die breë.
 
Soos sake nou staan, beskik die universiteit juis ‘n projek waar studente op ‘n jaarlikse basis fietse kan huur teen R1 ‘n dag, en Ballim maak self van ‘n fiets gebruik. Daarby wil hy ook in gesprek tree met die plaaslike munisipaliteit oor die voortuitsig vir bane wat deur fietsryers gebruik kan word.
 
Hoe dit ook al sy, Kimberley sal nooit weer dieselfde wees nie, danksy sy eie universiteit.
 
 
Prof. Yunus Ballim 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.