On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Off-Beat-News

Kwaai dassie maak amok by Sweedse hotel

───   17:51 Fri, 06 Mar 2015

Kwaai dassie maak amok by Sweedse hotel | News Article

Stockholm - 'n Luukse hotel in die Sweedse hoofstad Stockholm het vroeër vandag tot stilstand gekom nadat 'n kwaai dassie geweier het dat enige gaste in of uit die hotel kan beweeg.

Volgens die stad se polisie het die angswekkende dassie-krisis by die Radisson Blu-hotel omstreeks 5h vanoggend begin.
 
Dit het die polisie sowat 40 minute geneem om die dassie, met die hulp van 'n plaaslike diere-organisasie, te vang.
 
Gaste kon nie in of uit die hotel nie en sommige mense buite die hotel kon nie eens uit hul karre klim nie. Dit is nog onduidelik wat dié dassie die josie in gemaak het.
 
Today.com

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.