On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Off-Beat-News

Wie is Christiaan Schussler?

───   MJ LOURENS 13:37 Mon, 05 Oct 2015

Wie is Christiaan Schussler? | News Article

As jy enigsins die laaste week aktief was op Facebook en WhatsApp sou jy waarskynlik kennis gemaak het met die "gewulige" Christiaan Schussler en sy dienste.

“Hey ek is christiaan schussler ek artveteer myself vir oueruge vrouens wat nie n partner het vir vinksies nie inbox my vir kostes en bookings private sessies kan ook gereel word indien die vrou gewulig is.”

En toe is daar 'n paar "gewulige" ouer vrouens, maar ongelukkig was dit net 'n grap.

Huisgenoot het met Schussler gesels wat vertel: “Ek was by die werk en my vriende het dit as ’n grap bedoel.” 

Volgens hom het hy baie boodskappe van ouer dames gekry.

“Baie van hulle wou weet wat die koste is en hoe meer ek sê dis ’n grap, hoe meer flankeer die tannies,” het hy aan die tydskrif vertel.

Sy ouers is bewus van die grap en het hulself glo doodgelag.

Schussler is 'n tegniese assistent en woon in Johannesburg.

Foto: Huisgenoot/Twitter

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.