On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Ontwikkelingsekonoom kap 50%-grondplan

───   17:03 Wed, 02 Jul 2014

Ontwikkelingsekonoom kap 50%-grondplan | News Article
Dirk Kok - Die ontwikkelingsekonoom Rabelani Dagada, van die Wits-sakeskool, sê die ANC-regering loop met sy beleid en grondplanne dieselfde paadjie as Zimbabwe.
Suid-Afrika se boere word minder en die land het 'n netto-invoerder van kos geword. Die plan dat plaaswerkers die helfte van boere se grond moet kry, lei reeds tot minder beleggings en stuur op 'n ramp af. 'n Verkeerde beeld dat wit boere swart mense se grond gesteel het, skep wantroue en vyandigheid.
Dagada sê die ANC het sedert 1994 misluk met sy bemagtigingsbeleid en ekonomiese transformasie en meer armoede onder swart mense veroorsaak. 'n Miljoen werksgeleenthede in die landbou is daarmee heen. Daarteenoor is wit boere, wat as die vyand uitgebeeld en beskou word, werkskeppers en sorg hulle vir voedselsekerheid.
Hy sê die regering besit die meeste grond en kan nuwe boere daarop vestig. Wit boere moet hul grond behou. Nuwe boere en ervare boere kan mekaar dan die hand gee.
Dagada sê hy dink nie die omstrede 50%-grondverdelingsplan gaan die grondwetlikheidstoets slaag nie.

Podcasts

Rabelani Dagada:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.