On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Regering moet eerder op suksesvolle hervormingsprojekte voortbou, sê Dan Kriek

───   17:48 Wed, 09 Jul 2014

Regering moet eerder op suksesvolle hervormingsprojekte voortbou, sê Dan Kriek | News Article
Dirk Kok. - Die president van Vrystaat Landbou, Dan Kriek, sê terwyl die regering en rolspelers in die landbou steeds planne en voorstelle maak en oplossings vir grondhervorming soek, is daar reeds werkbare planne wat bloot verder befonds en uitgebou moet word.
Kriek sê die landboumaatskappy VKB, waarvan hy 'n  direksielid is, se projekte saam met ander maatskappye en die regering om swart boere in die Oos-Vrystaat te vesig, is reeds suksesvol.
Hy sê die private sektor het die kundigheid om grondhervorming te laat slaag. Die bestaande projekte is deeglik uitgewerk en beproef en is op ekonomiese beginsels vir volhoubare boerderye geskoei.
Die regering moet eerder op sulke projekte voortbou, as om alternatiewe te soek soos die voorgestelde herverdeling van die helfte van boere se grond aan plaaswerkers of die herverdeling van 20% grond in alle distrikte.
Opkomende boere in VKB en vennote se ondersteuning- en vestigingsprojekte by Rosendal het aan OFM-nuus gesê hulle meen ook hierdie projekte, wat deur die private sektor gedryf word, is die beste opsie om van hulle suksesvolle kommersiële boere te maak.

Podcasts

Dan Kriek:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.