On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Indringer-vrugtevlieg ook in NW, NK

───   17:58 Wed, 09 Jul 2014

Indringer-vrugtevlieg ook in NW, NK | News Article
Dirk Kok. - Die landboudepartement het 'n waarskuwing uitgereik teen indringer-vrugtevlieë uit Asië uit wat groot skade aan vrugte- en groente in Afrika aanrig en reeds in vyf provinsies, waaronder Noordwes en die Noord-Kaap, uitgeslaan het.
Die landboudepartement se Makenosi Maroo sê uitroei-optredes in die vyf provinsies het afgeskop.
Hierdie pes kan vinnig versprei en hou 'n groot bedreiging vir die landbou in.
Sy sê boorde, landerye en tuine moet skoongehou word van afvalvrugte en –groente. Chemiese bestryding kan ook toegepas word. Vrugte mag nie sonder ’n verwyderingspermit uit kwarantyngebiede verwyder word nie. Mense word gevra om nie vang-emmers vir vrugtevlieë langs paaie te verwyder nie.
Meer inligting oor die bestryding van dié indringer-vrugtevlieë is op die landboudepartement se webblad by http://www.daff.gov.za/ beskikbaar.
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.