On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Agri SA boos oor beskuldigings van gronddiefstal

───   15:56 Fri, 25 Jul 2014

Agri SA boos oor beskuldigings van gronddiefstal | News Article
Dirk Kok. - Agri SA se president, Johannes Möller, sê Julius Malema, sy EFF en partye wat volhou dat wit boere die grond gesteel het waarop hulle boer, is oningelig en onkundig.
Die skuldlasverhouding op wit boere se grond en vaste verbeterings is tans sowat 60%, wat duidelik wys die grond is nie gesteel nie. Sowat 5% van plaasgrond word jaarliks verhandel, wat in effek beteken dat alle plaasgrond in Suid-Afrika in die eerste 20 jaar van demokrasie verkoop is.
Möller sê boere is siek en sat om te hoor die mislukte grondhervorming is hul skuld en die landbousektor het nie hervormingsplanne.
Onsekerheid oor owerheidsbeleid, swak kommunikasie, mislukte regeringspogings en die grondeiseproses wat weer vir vyf jaar geopen is, bemoeilik behoorlike grondhervorming.
Möller sê kommersiële boere en Agri SA bly verbind tot werkbare grondhervorming. Agri SA werk reeds saam met die Nasionale Beplanningskommissie vir suksesvolle grondhervormingsmodelle.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.