On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Platinumstaking: Graan SA gee 12 ton meel

───   08:49 Mon, 28 Jul 2014

Platinumstaking: Graan SA gee 12 ton meel | News Article
Dirk Kok
 
Rustenburg -  Graan SA het saam met Pioneer Foods en Loubser Transport 12 ton mieliemeel op Rustenburg, in Noordwes, afgelewer vir gesinne wat as gevolg van die vyf maande lange platinum-mynwerkerstaking min of geen inkomste het nie.
 
Graan SA se uitvoerende hoof, Jannie de Villiers, sê 2 400 sakke meel van 5 kg elk is by ’n sentrale verspreidingspunt afgelewer om te help dat gesinne wat deur die staking geraak word, basiese kos het en dat kinders nie honger hoef skool toe te gaan nie.
 
De Villiers sê hoewel die staking verby is, gaan dit nog lank duur voordat ekonomiese aktiwiteite herstel.
 
Die staking het ’n negatiewe impak op kleinsake-ondernemings en gesinne gehad, met talle werkers en kontrakteurs wat sonder geld sit. Omdat Graan SA se hoofdoel is om voedselsekerheid te verseker, het hy besluit om die slagoffers van die staking te help.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.