On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

VS-regering wil hande vat met georganiseerde landbou

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:45 Wed, 06 Aug 2014

VS-regering wil hande vat met georganiseerde landbou | News Article
Christal-Lize Muller
 
 
Bloemfontein - Die Vrystaatse LUR van landbou, Mamiki Qabathe, stem saam met Vrystaat Landbou dat leierskap op alle gebiede in die bedryf benodig word.
 
Dit kom nadat die president van Vrystaat Landbou, Dan Kriek, vandag op die organisasie se jaarlikse kongres in Bloemfontein ‘n beroep op die regering gedoen het om leierskap aan die dag te lê.
 
In reaksie hierop het Qabathe gesê alle betrokkenes in landbou moet saamwerk en die verhouding moet op wedersydse vertroue gegrond wees.
 
Sy het gesê die regering vra, soos georganiseerde landbou, dat hulle ook vertrou moet word.

Volgens Qabathe is landbou in Suid-Afrika verantwoordelik vir die produksie van kos om voedselsekerheid plaaslik te verseker. Juis daarom is die bedryf en die rol wat dit speel belangrik vir die regering.

Podcasts

Mamiki Qabathe:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.