On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

Beter gesprekvoering in landbou bepleit

───   17:10 Wed, 06 Aug 2014

Beter gesprekvoering in landbou bepleit | News Article
Dirk Kok
 
Bloemfontein - Boere en die provinsie se LUR van landbou, Mamiki Qabathe, was dit vanmiddag op Vrystaat Landbou se kongres in Bloemfontein eens dat daar gebou moet word aan vertroue tussen die landbousektor en die owerheid en dat daar gereelde en beter gesprekvoering nodig is om werk te maak van die uitdagings in die landbou.
 
Qabathe het onder applous van boere onderneem om kwartaalliks met 'n paneel van VL, die African Farmers' Association Afasa, en bedryfsorganisasies te vergader.
 
Graan SA se president, Louw Steytler, het gesê die landbousakekamer Agbiz en handelsbanke moet deel wees van hierdie gesprekke, om dit nog meer sinvol te maak.
 
Op die kongres, wat môre voortgesit word, is Dan Kriek en Kobus Breytenbach onbestrede herkies tot president en vise-president.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.