On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Brand Pretorius oor transformasie

───   12:19 Thu, 07 Aug 2014

Brand Pretorius oor transformasie | News Article
Dirk Kok
 
Bloemfontein - Die sakeleier, akademikus en skrywer Brand Pretorius, sê om in die toekoms suksesvol te wees, gaan die land se boere en sakelui konstruktief moet deelneem aan transformasie en die regstelling van die diskriminasie van die verlede, wat tot die ongelyke verdeling en besit van rykdom gelei het.
 
Pretorius het vanoggend op Vrystaat Landbou se kongres in Bloemfontein gesê die landbou- en sakesektor kan nie wegskram hiervan nie.
 
Daar rus ’n morele verpligting op die sakesektor om dit te doen. Pretorius het gesê ordelike en regverdige transformasie is die sleutel vir ’n voorspoedige Suid-Afrika.

Pretorius het aan die Vrystaat se boere gesê met die groeiende vraag na kos en Afrika wat ’n vasteland van hoop word, lyk die langtermynvooruitsigte vir boere goed. Hulle gaan egter moet aanpas en inpas by die snel veranderende wêreld en positief wees.
 
Sakemodelle van die verlede, is nie nou meer noodwendig suksesvol nie.

Podcasts

Brand Pretorius:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.