On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Bank-ekonoom waarsku teen 50%-grondplan

───   16:41 Mon, 11 Aug 2014

Bank-ekonoom waarsku teen 50%-grondplan | News Article
Dirk Kok. - Die Nedbank-ekonoom Isaac Mashego sê grondsakeminister Gugile Nkwinti se voorstel dat tot 50% van boere se grond onder plaaswerkers verdeel moet word, is kommerwekkend.
Die regering moet baie mooi dink oor die impak wat so beleid op die land se ekonomie kan hê.
Banke móét weet die geld wat hulle uitleen en waarvan boere afhanklik is, is veilig. Grond en werktuie is boere se sekuriteit om lenings te bekom. Met die 50%-voorstel is banke al klaar twyfelagtig oor lenings wat toegestaan is.
Die banksektor sal met die regering oor hierdie plan in gesprek tree.
Mashego, wat op Vrystaat Landbou se pas afgelope kongres gepraat het, sê met die tanende mynbousektor gaan die land vir ekonomiese groei en vooruitgang moet staat maak op ander sektore. Landbou is een van hierdie belangrike sektore.
Die regering en alle rolspelers gaan moet saamstaan om die land se uitdagings en probleme te oorkom.

Podcasts

Isaac Mashego:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.